Sport

O/15 Tennisspan van PRG wen Boland Landbou Tennisfees

O/15 Tennisspan van PRG wen Boland Landbou Tennisfees

Van Links na Regs: Swannie (Afrigter), Walter Schonborn, Stephen Claasen, Heinrich Terblanche, Carl Roothman (Kaptein), Gordon Morrisson, Luca Link en Daniel Beukes

Die O/15 Tennisspan van Paul Roos het skoonskip gemaak by die Boland Landbou Tennisfees wat in die Paarl plaasgevind het. Die PRG-span het kookwater tennis gespeel en was onoorwonne oor die twee dae se tennis nadat hulle Paarl Boishaai (HJS) in die finaal met 5 – 1 geklop het.

Die span wat vir die 1ste keer aan die toernooi deelgeneem het, is deur Carl Roothman op die nommer 1 posisie aangevoer. Die lede van die wenspan was Stephen Claasen, Luca Link, Daniel Beukes, Gordon Morrisson, Heinrich Terblanche en Walter Schonborn.

Die ander deelnemende skole was Oakdale, Paarl Gimnasium, Parel Vallei, Hugenote, Paarl Boishaai, Menlopark, Marlow, Charlie Hofmeyer en Boland Landbou.

Paul Roos en Paarl Boishaai was onoorwonne in hul onderskeie groepe. Die twee skole het mekaar toe in die finaal aangevat. Die seuns van Stellenbosch het egter deurgans goeie tennis gespeel en die finaal met 5 – 1 gewen.

Die ander uitslae van die span is as volg:

Paul Roos wen Oakdale: 9 – 0
Paul Roos wen Paarl Gim: 9 – 0
Paul Roos wen Parel Vallei: 9 – 0
Paul Roos wen Hugenote: 9 – 0
Paul Roos wen Paarl Boishaai: 5 – 1 (Finaal)

Die finale uitslae aan die einde van die toernooi is as volg:

1. Paul Roos
2. Paarl Boishaai
3. Menlopark
4. Oakdale
5. Parel Vallei
6. Boland Landbou
7. Paarl Gim
8. Marlow
9. Charlie Hofmeyer
10. Hugenote