Sport

O/19-Tennisspan van Paul Roos wen Boland Landbou Tennisfees

Die 1ste tennisspan van Paul Roos het die afgelope naweek skoonskip gemaak by die 12de Boland Landbou Tennisfees wat in die Paarl “Op die Plaas” aangebied is. Paul Roos, wat vir die 1ste keer genooi is om aan hierdie tennisfees deel te neem, het al hul wedstryde gewen en het in die finaal met die gasheer, Boland Landbou afgereken.

Die Paul Roos span is deur Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Jean Durand, Andre du Plessis, Hugo Kotze, Emile Brand, Stefan Eckley en Lehan Engelbrecht verteenwoordig.

1ste PRG O/19 wenspan met hul trofee: Agter: Jean Durand (Kaptein), Emile Brand, Andre du Plessis, Lehan Engelbrecht, Wikus Robbertse en Hugo Kotze. Voor: Jacobus Swanepoel (Afrigter), Ruben Fortuin en Stefan Eckley

Die 12 skole wat aan die toernooi deelgeneem het, was in 4 groepe ingedeel. Paul Roos het al sy wedstryde in die groepfase oortuigend gewen. In die semi-finaal het Oakdale met ‘n groot aanslag gekom en die Paul Roos span moes alles uithaal om die wedstryd te wen.

In die finaal was Paul Roos egter te sterk vir Boland Landbou en het die wedstryd oortuigend met 8 – 0 gewen.

Die uitslae van Paul Roos was is volg:

Paul Roos wen Midstream College (Pretoria) 12 – 0
Paul Roos wen Marlow 12 – 0
Paul Roos wen Oakdale 7 – 5
Paul Roos wen Boland Landbou 8 – 0

Die volgorde waarin die 12 deelnemende skole klaargemaak het, is as volg:

1. Paul Roos
2. Boland Landbou
3. Oakdale
4. Paarl Gimnasium
5. Durbanville
6. HJS Paarl
7. HTS Middelburg
8. Marlow
9. Midstream College
10. Wynberg
11. Pearson
12. Bredasdorp

Baie geluk aan die 1ste span met hierdie uitstekende vertoning.