Sport

Paul Roos nogsteeds top drie by Grey Tennistoernooi

Die afgelope naweek het die 1ste tennisspan van Paul Roos na Bloemfontein gereis om aan die laaste skole tennistoernooi vir 2017 deel te neem. Die toernooi is deur Grey College aangebied.

Die Paul Roosers het, soos in 2016, weer in die top drie geëindig nadat hulle in die 3de posisie klaargemaak het deur vir Waterkloof te klop.

Agt skole van regoor Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem en Paul Roos is deur ‘n nuwe span, weens die matriekeksamen, verteenwoordig. Die PRG-span het uit Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Carl Roothman, Jean Durand, Andre du Plessis, Hugo Kotze en Emile Brand bestaan.

Op die foto van links na regs: Jean Durand (kaptein), Wikus Robbertse, Hugo Kotze, Ruben Fortuin, Andre du Plessis, Emile Brand, Carl Roothman en Jacobus Swanepoel (Afrigter)

Paul Roos het 2de in hul groep geëindig nadat hulle teen St.Stithians verloor het. Dit het veroorsaak dat PRG teen Grey in die oorkruiswedstryd in die een semi-finaal gespeel het. In die ander semi-finaal het Waterkloof en St.Stithians kragte gemeet.

Die uitslae van Paul Roos is as volg:

Paul Roos wen Pretoria Boys High: 7 – 2; wen Kearsney College: 9 – 0 en verloor teen St. Stithians: 3 – 6
Semi-finaal: Paul Roos verloor teen Grey: 1 – 5 Uitspeel vir 3de en 4de plek: Paul Roos wen Waterkloof: 5 – 2

Die finale uitslae na die toernooi was is volg:
1. Grey College
2. St. Stithians
3. Paul Roos
4. Waterkloof
5. Affies
6. HJS (Paarl Boishaai)
7. Pretoria Boys High
8. Kearsney College

Baie geluk aan die Paul Roosers met hul positiewe gesindheid en harde werk oor die naweek. Hou so vol!!