Sport

PRG O/15-A Tennisspan wen Gemengde Toernooi vir die 4de jaar in ‘n ry

Baie geluk aan die O/15 A-Tennisspan van Paul Roos Gimnasium wat Donderdag en Vrydag aan H/S Stellenbosch se Gemengde O/15-Toernooi vir 2017 deelgeneem en gewen het.

Die PRG span is deur die volgende Graad 9 tennisspelers verteenwoordig: Joshua Swanepoel, Jacques Mieny en Ingo Reuter.

L na R: Jacques Mieny, Joshua Swanepoel en Ingo Reuter

Die span het daarin geslaag om vir die 4de agtereenvolgende jaar in die 1ste plek saam met H/S Bloemhof klaar te maak. Die toernooi, waarin die seuns ‘n enkelspelwedstryd en ‘n gemende dubbelspelwedstryd moet speel, is gekenmerk deur baie goeie tennis, veral in die laaste wedstryd teen  H/S Stellenbosch.

Die skole wat deelgeneem het, was:

1. Paul Roos en Bloemhof
2. Meisieskool Paarl en HJS Paarl
3. Paarl Gimnasium
4. H/S Stellenbosch
5. H/S Stellenberg
6. Parel Vallei

Nadat al die skole op ‘n rondomtaliebasis meegeding het, is Paul Roos/Bloemhof as die wenners aangewys.

Die Bloemhof span is deur Linda Mentz, Anje Dercksen en Augusta-Mari Dercksen verteenwoordig.

Baie geluk aan die O/15-span.