Algemene Nuus / General News

2020 Raffle Fundraiser

2020 Raffle Fundraiser

Dit is met groot opgewondenheid dat Societas ‘n fondsinsameling in vennootskap met SANParke Ereveldwagters se Boland-streek loods. Alle ingesamelde fondse sal gedeel word deur PRG Societas se projekte wat fokus op die bewaring van die omgewing naby ons skool en die SANParke Ereveldwagters se Boland-streek se omgewingsopvoedingsprojek in die Tankwa Karoo Nasionale Park .

The fundraiser takes place in the form of a raffle where limited tickets have been made available at R200 each. Each Grade 8-12 learner in Paul Roos has been issued with a ticket to sell. Once bought, the ticket holder is entitled to one entry into the raffle to win 7 nights for 6 people at Shimuwini Bushveld Camp, Kruger National Park, from 14-21 June 2020 – what a way to start the holidays!

Kaartjies sal tot en met 26 Februarie 2020 verkoop word en die trekking vind 2 Maart plaas. Die wenner word oor sosiale media aangekondig en sal telefonies gekontak word.

All proceeds from this project will be in aid of PRG Societas’s Eersterivier Conservation Project and the SAN Parks Honorary Rangers’ Boland Region. PRG Societas’s Eersterivier Conservation Project plans to plant and support the upkeep of indigenous trees along the banks of the Eersterivier.

Een van die belangrikste aktiwiteite van die Boland-streek se Ereveldwagters behels ‘n omgewingsopvoedingsprojek in die Tankwa Karoo Nasionale Park. Hierdie projek behels nie net twee besoeke per jaar aan die betrokke skole waar praatjies aan al die leerders van die skool aangebied word nie, maar ook naweekkampe waar Graad 6 en 7 leerders en hulle onderwysers in die Nasionale Park deur die Ereveldwagters gehuisves word. So word hulle blootgestel aan hierdie besondere opvoedkundige program en leer ons omgewing bewaar. Daar is ‘n groot behoefte om die beskikbare infrastruktuur te verbeter, aangesien kinders en onderwysers tans in tente gehuisves word.

Be a part of this special project and buy your ticket today!

Akkommodasie:

Shimuwini Bosveld Kamp, Kruger Wildtuin
Datuum: 14-21 Junie 2020
GC 6: 3 slaapkamers met 2 enkelbeddens elk.

Vir meer inligting oor Shimuwini Bosveld Kamp, volg hierdie skakel: http://www.krugerpark.co.za/Kruger_National_Park_Bush_Lodges_&_Camps-travel/shimuwini-camp.html

Terms and conditions:
Each ticket holder is entitled to one raffle entry.
Please note: the date is set for 14-21 June and cannot be amended.
The prize is not transferable or redeemable for cash.
The winner will be contacted telephonically.
The winner does not have to be present during the drawing event.
The winner must provide proof of identification upon collection of the prize.
The prize consists of 7nights’ accommodation atShimuwiniBushveld Camp for up to 6people.
All other expenses, except the accommodation at Shimuwini Bushveld Camp from 14-21 June 2020, is for the prize winner’s own account.

Enige navrae kan aan mev. Robyn Pienaar gerig word (rpienaar@paulroos.co.za)

2020 Raffle_Prize poster