2023 Captain’s Dinner
Paul Roos Gimnasium en die SU rugbykomitee sien uit daarna om vanaand se Nashua Captain’s Dinner aan te bied. Om en by 270 gaste sluit vanaand om 18:30 by ons aan by Markötter Sportkompleks. Kaartjies is nou uitverkoop.
Aangeheg is die brosjure met inligting oor vanaand se program, ons seremoniemeester, ons rugby-paneel en die spesiale items wat vanaand opgeveil gaan word. Loer gerus daardeur. Alle opbrengste word vir die ontwikkeling van rugby by Paul Roos Gimnasium aangewend. Dankie vir u ondersteuning.