Algemene Nuus / General News

Believe Perform

Believe Perform

Geagte Paul Roos-Ouer

Met die uitbreek van die pandemie is alle sport tot stilstand geruk! Sportmanne moet egter aanhou om hulself fisies en sielkundig voor te berei vir wanneer sport weer begin.

We are all experiencing many challenges during this period and there will be many more in the days to come. The lockdown has many  mental challenges for sportsmen  as well. For this reason the school has subscribed to the Believe Perform website (www.believeperform.com) which is one of the world’s leading sources of performance psychology, well-being and mental health.  On this website you will find informative videos and infographics for different topics with regards to sport.

Die grendeltydperk gaan ook verbygaan. Die voordeel van die BelievePerform-webblad is dat dit ook gebruik kan word na die grendeltydperk en daar is verskeie onderwerpe wat handel oor die verskillende aspekte van sport.

Ouers gaan deur ‘n uitdagende tydperk met hul seuns om hulle te motiveer en ons wil u graag nooi om kosteloos by die webblad aan te sluit. U sal dan toegang tot die inhoud op die webblad verkry wat u kan gebruik soos u nodig ag.

Die prosedure vir die aansluit is as volg:

  • Stuur ‘n e-pos aan Stephan Jordaan (sjordaan@paulroos.co.za) vanaf die e-pos wat u wil gebruik vir die webtuiste ,waarna u geregistreer sal word. (Laat asb 36 uur toe).
  • Na registrasie sal u ‘n e-pos ontvang waarin u u wagwoord kan verander. U sal dan toegang tot die webblad hê.