Paul Roos 150km Bergfietswedren

Die byeenkoms wat op 20 Feb sou plaasvind word uitgestel tot ‘n latere datum. U is welkom om u besonderhede op die inskrywingsvorm te voeg sodat ons u vroegtydig van die nuwe datum kan verwittig. Kontak die OBU kantoor vir verdere inligting.

150-PRG-MTBDié opwindende wedren word aangebied in samewerking met en onder die wakende oog van die Oudskoliere-Unie.

Indien jy deel wil wees van hierdie nuwe fietsry-inisiatief by Paul Roos, wat bestaan uit ‘n solo-wedren sowel as ‘n spankompetisie, vir bergfietsryers, skryf nou in vir dié wedren wat op 20 Februarie 2016 gehou word.

Die totale afstand van die rit is 150km, maar gelukkig kan jy as lid van ‘n span saamspan om die 150 km te voltooi.
‘n Span bestaan uit vyf ryers: hulle moet dit saam aanpak en voltooi, terwyl die solo-ryers die hele 150km onder eie stoom aandurf en voltooi.

Ná oorleg met verskeie belangstellendes is besluit om deelnemers as volg te laat betaal:

  1. Solo: R750.00 per ryer
  2. Spanlid onder 19: R250.00
  3. Spanlid tussen 19 en 24: R350.00
  4. Spanlid bo 24: R500.00.

Elke deelnemer (behalwe die onder-19’s) kry ook ‘n T-hemp (kan addisioneel bestel word teen ekstra koste), terwyl “energiedrankies” op die roete, asook ‘n bier of koeldrank, en ‘n hamburger aan die einde, EN ‘n spitbraai rondom middagete, bedien sal word.

Vir verdere inligting kontak info@cyclingacademy.co.za.

Betalings:
Oudskoliere-Unie PRG
Nedbank, lopende rekening: 1498082459
Takkode: 149821
NB: jou verwysing Is jou selfoonnommer.
Kontak oldboys@prg.wcape.school.za.

SKRYF NOU IN

PRG 150 Route and Elevation