MAD

MAD staan vir Music, Art and Drama en bevorder kultuuraktiwiteite en betrokkenheid by Paul Roos Gimnasium. Dit bied geleenthede vir leerders om maksimale blootstelling op kultuurgebied te geniet. Die MAD-komitee is ‘n groep leerders wat kultuurgeleenthede en -aktiwiteite organiseer om kultuur in Paul Roos Gimnasium voort te bou.

Die MAD-komitee reël gewoonlik een groot funksie per kwartaal, soos bv. die Valentynsdag aFair en die Talentbosch kompetisie. Hierdie gun leerlinge vanuit die hele Stellenbosch-omgewing die geleentheid om saam kultuur te beleef.