Algemene Nuus / General News

Christiaan se kans om die wêreld aan die brand te dans!

Christiaan Brandt, ’n Graad 11 by Paul Roos Gimnasium, het die afgelope week aan die gesogte “Dance World Cup South Africa Qualifiers” in Pretoria deelgeneem. Hy verower 4 goud, 2 silwer en 1 brons medalje in die ouderdomskategorie 15-17 jaar en kwalifiseer sodoende vir die SA-span wat in Augustus aan die wêreldkampioenskap in Telford, Engeland sal deelneem.

Paul Roos wens Christiaan alle sterkte toe met die voorbereiding vir hierdie groot geleentheid!