Konserte / Concerts

Die musiekdepartement bied aan: Splendidior Aanlynkonsert

Splendidior 2020, ’n musikale reis geïnspireer deur die feesseisoen. Die jaarlikse Paul Roos Gimnasium-musiekfees, ’n hoogtepunt op die kultuurkalender, kon nie in 2020 soos normaal plaasvind nie. Hierdie uitdaging was die inspirasie vir Splendidior 2020, ’n aanlyn Paul Roos-Kersfeesproduksie. Splendidior 2020 het die musikale talente van die skool se musikante, sangers, “drumline”, oudskoliere en onderwysers tentoongestel en daarin geslaag om hoop en inspirasie te bring te midde van ’n uitdagende tydperk. Die produksie is in samewerking met Drostdy Teater Stellenbosch en PRG-kultuurborge, Atterbury & We Buy Cars aangebied. Fondse ingewin is ten bate van die Paul Roos Gimnasium-leerderondersteuningsfonds.