Debat / Debating

Dink-of- Sink Onvoorbereide Debatskompetisie

Mihan van Zyl, Jean du Plessis, Jacques Botma

Vanjaar se Dink-of- Sink Onvoorbereide Debatskompetisie het Vrydag, 26 Julie, by Hoërskool DF Malan plaasgevind. Paul Roos Gimnasium het een junior en twee senior spanne  ingeskryf waarvan die Eerste Senior Span uitstekend gevaar het. Die span het bestaan uit vorige wenners van die kompetisie, Mihan van Zyl, Jacques Botma en nuweling, Jean du Plessis en moes  vier rondtes wen om in die semi-finaal teen DF Malan A te staan te kom. Hulle praat opponerend oor “Demokrasie is nie ‘n betroubare politieke bestel nie” en wen die debat.

Daarna praat hulle teen DF Malan B in die finaal oor “ Haatspraak is Vryheid van spraak” en word as wenners gekroon.

Hulle  sal nou in Oktober aan die Nasionaal Finaal deelneem.