Algemene Nuus / General News

Eksterne organisasie: Studiewerskwinkel – In Beheer van Leer

Eksterne organisasie: Studiewerskwinkel – In Beheer van Leer

Date: 30 Apr ’19 @ 6:00 pm – 8:00 pm
Price: R750.00
Doors open at: 6:00 pm
Venue: Paul Roos Gymnasium Stellenbosch

IN BEHEER VAN LEER KURSUS

In Beheer van Leer is ‘n studiemetode-kursus wat gebaseer is op insigte van ‘n verskeidenheid leervelde, veral die veld van “Mind, Brain, and Education” (MBE). Die kursus se mikpunt is om leerders toe te rus met kennis van hoe hulle leer (wetenskap van leer) en hoe om studiemetodes doeltreffend te gebruik.

Hierdie kursus word aangebied vir Graad 8 – 12 leerders en sal in Afrikaans aangebied word.

Die kursus word in 3 sessies aangebied (Sessie 1, Sessie 2 & Sessie 3)

Dit volg op mekaar dus moet al 3 sessies bygewoon word.

Sessie 1: 30 April, 18:00 – 20:00
Sessie 2: 7 Mei, 18:00 – 20:00
Sessie 3: 8 Mei, 08:00 – 10:00

KOSTE:

Die koste vir die volle kursus beloop R750.

Sluit in:
– Materiaal
– Verversings

Daar is beperkte spasie!

Vir meer inligting besoek die volgende bladsy: https://www.itsieducation.com/study-methods/