Gholf / Golf

Gholf: Selborne College Eeufees

Vier van PRG se gholfspanne het aan Selborne College se Eeufees in Oos-London deelgeneem. Na ‘n uitdagende eerste dag het die span die derde plek naas Stirling en Selborne beklee.

Op dag twee het die span uitsonderlik gespeel, waarna hulle uiteindellik tweede plek, naas Stirling behaal het.

Die span bestaan uit PRG se talentvolle gholfspelers Gerard Hartman, Andries van der Vyver, George Botha en Nicolas van der Vyver.