Algemene Nuus / General News

Gr 8-leerders ontvang baadjieknoop vanaf ‘n matriekleerder

Die matrieks van 2024 het vandag ‘n nuwe tradisie begin: Elke graad 8-leerder het ‘n baadjieknoop vanaf ‘n matriekleerder ontvang.

Dit simboliseer dat die Paul Roosers almal as broers saamgebind is. Die matrieks se tyd by die skool raak min en hulle het die graad 8’s geleer wat hul kon. Dit is nou die graad 8’s se verantwoordelikheid om die maroen baadjie met trots te dra.