Klub 1000 Potjiekos-dag
Op Saterdag 4 Maart het Klub 1000, ten spyte van ‘n reënbui of drie, sy potjiekos-dag met groot sukses aangebied. Ouers en oudleerders het bymekaar gekom om die potte aan die prut te kry en te kyk wie die beste pot kan opdis.
Musikant Francois Haasbroek het gesorg vir vermaak terwyl die deelnemers en hul gaste heerlik saamgekuier het. Hy het ook saam met musikant Hiram Koopman en hoofsjef by Mont Marié, Pieter Vlok, as beoordelaar opgetree. Geluk aan die volgende wenners:
1ste plek – Cook to survive Girls – Seekospot
2de plek – Willie Ward en span – Kerrielamspot
3de plek – Neil Govender – Hoender Breyani-pot
Baie dankie aan die borge Stellenbosch Hills, Polkadraai, Neethlingshof, The Salt Deli (Neethlingshof), van Zijls Wyne, LK’s Braai Products en Black Elephant Vinters.
Ons bedank ook graag Suzuki Stellenbosch wat ná hul betrokkenheid by die Tiger Wheel & Tyre PRG Kaskar Fundracer, ook saam met Klub 1000 kom kuier het.