Kranslegging by Paul Roos se graf
Op die herdenking van Paul Roos se verjaarsdag (30 Oktober 1880) het die rektor, mnr. André van Staden, adjunkrektor, AC Blume, argivaris, Mariena Kotze, hoofleiers Riley Norton, Oliver Reid en Christiaan Cronjé, tesame met van sy familielede (insluitend twee agterkleinseuns, naamlik John-Paul Roos en Dehan Roos) ‘n kranslegging by sy graf in die Onderpapegaaiberg-begraafplaas gehou.