Krieket / Cricket

Krieketnuus: PRG vs Paarl Boys High School / Hoër Jongenskool Paarl

Paul Roos Gimnasium se 1ste krieketspan het hul staal in Saterdag se wedstryd teen Hoër Jongenskool Paarl op Paul Roos Oval gewys.

Dit was ‘n spannende wedstryd wat in die weegskaal tot en met die voorlaaste boulbeurt van die dag was.
Dewalt Grove het weer eens die span se kolfbeurt met `n uitstekende vyftigtal bymekaargehou. Die middelorde, met Zack van Onselen, Kieran Gordge en Kei Norton, het gesorg dat die span met `n kompeterende telling van 175/9 eindig.

HJS was in `n uitstekende posisie en met 120/2  het dit gelyk of hulle die wedstryd in die sakkie gehad het toe Roan Hall 2/28 toegeslaan het. Paaltjies het daarna met reëlmaat geval met Roche Meyer 3/14, Ross Alsworth-Elvey 2/30 en Zack van Onselen 2/46 wat met gedissiplineerde boulwerk daarin slaag om vir HJS vir 168 lopies uit te haal.

Uitslae is as volg:

PRG 175/9 (50)
Dewalt Grové 50

HJS 168/10 (48)
Roché Meyer 7 – 1 – 14 – 3
Roan Hall 9 – 0 – 28 – 2

PRG O/19A wen met 7 lopies.

Die nuwelinge by die skool, naamlik die o/14A’s het ook hul talent ten toon gestel en as wenners uit die stryd getree. Luca Plekker was die ster van die dag met ‘n onoorwone 86* lopies en het ook met die bal geskitter met 3/36. Dit was `n goeie spanpoging van die onder 14A-span om die wedstryd oortuigend met 62 lopies te wen.

PRG 189/10
Luca Plekker 86*

HJS 127/10
Luca Plekker 10-2-36-3

PRG O/14 A wen met 62 lopies