Kultuur / Culture

MAD: Valentynsdag-mark

Op Donderdag 14 Februarie om 18h00 het die MAD-komitee in die Paul Roos Gimnasium Sentrum ’n Valentynsdag-mark aangebied, die sogenaamde “Valentine’s day aFair”. Hierdie geleentheid is deur die MAD-komitee gereël en beman, met die uitsondering van n pizzastalletjie van Rhenish, die English Debating’s Bakery en Cape Crusade wat smullekker yskoffies en “cappuccino’s” verkoop het. Die toegangsfooi was R20 met musiek deur PRG se band en The Stinging Rogers. R2-koepons kon gekoop word om die speletjies wat die MAD-komitee aangebied het te speel en om kans te kry om Valentynsdagtema-pryse te wen.  Die Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch Hoërskool en Rhenish Girls’ High is goed verteenwoordig en die Paul Roosers het die geleentheid terdeë geniet.