Sport

O/19-Tennisspan van Paul Roos onoorwonne by Boland Landbou Tennisfees

Swannie Swanepoel (Afrigter), Stephen Claasen, Jacques Mieny, Hugo Kotze, Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Andre du Plessis, Carl Roothman en Luca Link

Die 1ste tennisspan van Paul Roos het die afgelope naweek skoonskip gemaak by die 13de Boland Landbou Tennisfees wat in die Paarl “Op die Plaas” aangebied ia.

Paul Roos, wat die verdedigende kampioen is, het hul onoorwonne vertonings van die jaar by tennisfeeste voortgesit en het ook hierdie toernooi oortuigend gewen deur Paarl Boishaai (HJS) in die finaal met 7 – 0 te wen. Die Paul Roos span het gedurende die toernooi nie een wedstryd verloor nie en dit was goeie voorbereiding vir die komende naweek se Grey Tennis Festival in Bloemfontein.

Die Paul Roosspan is deur Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Carl Roothman, Andre du Plessis, Hugo Kotze, Luca Link, Stephen Claasen en Jacques Mieny verteenwoordig.

Die 12 skole wat aan die toernooi deelgeneem het, is in 4 groepe ingedeel. Paul Roos het al sy wedstryde in die groepsfase oortuigend gewen. In die semi-finaal het die manne van Paul Roos met oortuiging met Oakdale afgereken.

In die finaal was Paul Roos egter te sterk vir Paarl Boishaai en het ook die kragmeting gewen.

Die uitslae van Paul Roos was is volg:

Paul Roos wen Boland Landbou 12 – 0
Paul Roos wen Pearson 12 – 0
Paul Roos wen Oakdale 12 – 0
Paul Roos wen Paarl Boishaai 7 – 0

Die 12 deelnemende skole het die toernooi in die volgende volgorde afgesluit:

1. Paul Roos
2. Paarl Boishaai
3. Oakdale
4. Durbanville
5. Midstream College
6. HTS Middelburg
7. Paarl Gim
8. Boland Landbou
9. Marlow
10. Wynberg
11. Stellenbosch
12. Pearson

Baie geluk aan die 1ste span met hierdie uitstekende vertoning en baie sterkte vir die komende week in Bloemfontein by die Grey Tennis Festival.