Sport

Paul Roos 1ste Tennisspan tweede by Kearsney Tennis Festival

Paul Roos 1ste Tennisspan tweede by Kearsney Tennis Festival

Die 1ste Tennisspan by die Kearsney Tennis Festival is van links na regs op die foto: Swannie Swanepoel (Afrigter), Hugo Kotze, Ruben Fortuin, Wikus Robbertse, Andre du Plessis, Stephen Claassen en Luka Link.

Die 1ste tennisspan van Paul Roos het die afgelope naweek die Kearsney Tennis Festival op dramatiese wyse teen die span van Bloemfontein, Grey College verloor. Die finale telling tussen die twee top tennis skole was 5 – 4 in die guns van Grey College.

Hierdie wipplankreis tussen Paul Roos en Grey College gaan dus voort nadat Paul Roos vroëer vanjaar die Zestfruit Gerrie Berner Tennistoernooi teen Grey College gewen het. Hierdie reis stuur af op ‘n opwindende einde vir 2019 by die interskole in Stellenbosch.

Dit was vanjaar die 24ste keer dat die Kearsney Tennis Festival plaasgevind het. Agt skole van reg oor Suid- Afrika het aan die Festival deelgeneem. Die skole is opgedeel in twee groepe, nl. die Rafa groep en die Novak groep. Die skole het in die onderskeie groepe teen mekaar gespeel en daarna oorkruis vir ‘n plek in die finaal gespeel. Nadat PRG 1ste in hul groep geëindig het, kon die oorkruis semi-finaal nie plaasvind nie, vanweë reën wat die spel gekanselleer het. Dit het beteken dat PRG en Grey, wat die ander groep gewen het, direk in die finaal Sondag sou speel.

Die finaal tussen Paul Roos en Grey het soos gewoonlik kwaliteittennis opgelewer. ‘n Jaar gelede was Paul Roos ook in die finaal teen Grey College gewikkel en het die Maroon Machine die kragmeting met 6 – 0 gewen, alhoewel drie van die wedstryde eers in die 3de stel in Paul Roos se guns beklink is.

Hierdie jaar het gewys dat die wedstryde enige kant toe kon gegaan het, want vanjaar het die PRG-seuns drie van die ses enkelsspel wedstryde in die 3de stel verloor. Dit het die telling 3 elk gemaak na die enkels en daarna kon die PRG-seuns slegs een van die twee dubbelspelwedstryde wen, wat beteken het dat PRG die wedstryd met 4 – 5 verloor.

Waardevolle en harde lesse is geleer en dit sal vorentoe vir die seuns nog baie beteken.

Die PRG span se uitslae is as volg:

PRG wen Pretoria Boys High: 9 – 0
PRG wen Selborne College : 9 – 0
PRG wen Clifton High Durban: 6 – 0
PRG verloor Grey College: 4 – 5 (Finaal)

Die span van PRG:  Ruben Fortuin,  Wikus Robbertse, Carl Roothman, Andre du Plessis, Hugo Kotze, Luka Link en Stephen Claassen.

Tydens die prysuitdelingsfunksie is die volgende spelers as die beste in hul posisie aangewys: Wikus Robbertse, beste nr 2, Carl Roothman beste nr 3 en Luka Link, beste nr 5.