Paul Roos bloedskenking maak ‘n verskil
Met die afskop van die skooljaar het die PRG-leerlinge weer ’n geleentheid gehad om bloed te skenk. Die Graad 10- tot 12- leerlinge wat ouer as 16 is, kon skenk. Ons is baie trots op die 44 eenhede wat geskenk is.
Paul Roos Gimnasium het jaarliks vier geleenthede waartydens die WP Bloedoortappingsdiens ‘n bloedskenkkliniek by die skool kom hou. Bloedskenk bied Paul Roosers die geleentheid om van jongs af ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap te maak. Navorsing toon ook dat jong skenkers gereeld skenk nadat hulle die skool verlaat het.
Ons hoop om in 2021 weer ’n verskil te kan maak en sodoende lewens te red. Die volgende bloedskenkgeleentheid sal op 6 Mei plaasvind.
Fotokrediet: Jacques Vermooten