Debat / Debating

Paul Roos Gimanasium het die tonge laat klap by Oppie Tong Af

Agter: Rudolf Louw, Jean du Plessis, Mihan van Zyl, Ruan Hanekom, Leigh-Rae Luitjies.Voor: Elliot Cutler, Pellatt Smith, Jo van Rooyen. Afwesig: Tristan Moses

Paul Roos Gimnasium het op 11 Mei 2019 aan die Oppie Tong Af Redenaars deelgeneem by Laerskool Brackenfell. Die leerders het in verskillende kategorieë deelgeneem en kon kies of hulle aan die voorbereide of onvoorbereide kompetisie wou deelneem.

Dit is die eerste jaar dat Paul Roos ook Engelse leerders ingeskryf het. Die beste deelnemer in elke graad word gekies om Wes-Kaap te verteenwoordig by die nasionele finale rondte in Gauteng.

Ons is trots op Pellatt Smith en Mihan van Zyl wat deurgedring het na die nasionale finale rondte van Oppie Tong Af 2019.