Paul Roos Gimnasium dring deur tot die finale rondte van die Filmit kompetisie
PRG is baie trots op sy onderwysers en leerders wat ingeskryf het vir die eerste kortfilmkompetisie vir hoërskoolleerders soos aangebied deur Paul Roos, Atterbury en WeBuyCars.
Om regverdigheid te verseker is ‘n derde-party eksterne professionele paneel van beoordelaars saamgestel om deur nie minder as sewentig filmkonsepte, soos ingedien deur 35 skole (waarvan twee vanuit Namibiese bodem kom) te werk.
Paul Roos Gimnasium se filmkonsep, “Duwweltjie”, is een van 20 filmkonsepte wat goedgekeur is. Paul Roos leerders sal deelvorm van ‘n aanlyn-mentorskapprogram waar hulle leiding van professionele filmindustriekenners sal ontvang. Hulle begin dan ook eersdaags werk aan hulle film wat teen Oktober ingedien moet word.
Gaan loer gerus op www.paulroos.co.za/filmit om meer oor die kompetisie uit te vind.
Veels geluk aan ons filmspan! Ons hou styf duim vas vir julle!