Paul Roos Gimnasium vier 155ste bestaansjaar!
Vandag vier Paul Roos Gimnasium sy 155ste verjaardag.
Op 1 Maart 1866 is die inhuldigingsseremonie bygewoon deur ongeveer 800 mense, waarvan slegs 88 leerders was. In 1910 word Paul Roos (Oom Polla) die rektor van die skool. Op 27 September 1946 het die leerders vanaf die ou skoolgebou na die huidige skoolgebou gestap (vierde skoolgebou).
Die Graad 8’s en die Leerlingraad het op Maandag, 1 Maart, die tradisie van Stigtersdag voortgesit deur kranse by die US Teologie-fakulteit en Moederkerk te lê. Die stigterslede van Paul Roos Gimnasium was doktor Jan Neethling en professore John Murray en Nicolaas Hofmeyr.
Natuurlik bly die gebruiklike gratis oliebolle altyd ’n wenner onder die manne.
Vandag is die skoolgemeenskap dankbaar vir 155 jaar se tradisie wat steeds voortleef.