Sport

Paul Roos O/15-tennisspan wen Nasionale Tennistoernooi in Pretoria

Agter van links na regs: Stephen Claassen, Ruan Liebenberg, Sebastiano Sola, Leonardo Sola en Swannie Swanepoel (Afrigter) Voor van links na regs: Justin Cowley en Jake Downie

Die O/15- tennisspan van Paul Roos was die afgelope naweek op hul beste en het die O/15-Nasionale Tennistoernooi in Pretoria oortuigend gewen deur Grey Kollege in die finaal met 5 wedstryde teenoor 1 te klop. Die toernooi is vanjaar deur Afrikaans Hoër Seunsskool (Affies) aangebied en is by die bane van Groenkloof gespeel.

Die oorwinning was welverdiend omdat die PRG O/15-span vir vier jaar vanaf 2015 tot 2018 elke jaar in die finaal verloor het. Paul Roos het in 2012 laas hierdie gesogte titel gewen.

Die Paul Roos span is verteenwoordig deur: Stephen Claassen, Leonardo Sola, Sebastiano Sola, Johan van Wijk, Jake Downie, Ruan Liebenberg en Justin Cowley.

Die 10 skole is in twee groepe opgedeel en ‘n rondomtalietoernooi het tussen die skole in elke groep plaasgevind. Aan die einde van hierdie fase het die twee groepe oorkruis teen mekaar gespeel ten einde die wenner te bepaal.

Die PRG-seuns het al die wedstryde in die groepsfase oortuigend gewen en het in die semi-finaal met die span van Affies met 5 wedstryde teenoor 1 afgereken. In die finaal het die Paul Roosers hul goeie spel van die naweek voortgesit en die span van Grey Kollege oortuigend met 5 wedstryde teenoor 1 geklop.

Die uitslae van die Paul Roos-span is as volg:

PRG wen St. Bennedicts:  9 – 0
PRG wen Menlopark: 8 – 1
PRG wen Pretoria Boys High:  9 – 0
PRG wen KES (King Edward School): 8 – 1
PRG wen Affies: 5 – 1 (Semi-finaal)
PRG wen Grey College: 5 – 1 (Finaal)

Die finale stand van sake na die toernooi is as volg:

  1. Paul Roos
  2. Grey College
  3. Affies
  4. Pretoria Boys High
  5. Menlopark
  6. Selborne College
  7. KES
  8. Nelspruit
  9. St. Bennedicts
  10. Waterkloof

Baie geluk aan hierdie Paul Roos spelers met die pragtige oorwinning en wat die skool met trots verteenwoordig het.