Sport

Paul Roos O/19-Tennisspan wen die Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi vir die 3de jaar in ‘n ry

Links na Regs: Swannie Swanepoel (Afrigter), Luc Brewis, De Wet du Plessis, Stephen Claassen, Ernst Gouws, Leonardo Sola, Johan van Wijk en Carl Roothman

Paul Roos Gimnasium is vir die derde jaar agtereenvolgens die wenners van die uiters gesogte Zest Fruit Gerrie Berner Tennistoernooi wat die naweek op die bane van Paul Roos gespeel is.

Die toernooi, wat in sy 15de jaar is, is deur Paul Roos aangebeid en twaalf skole van regoor Suid-Afrika het om hierdie gesogte trofee meegeding.  Dit was die 11de titel vir Paul Roos en die enigste ander skool wat die trofee nog ooit kon verower het, was St. Stithians.

Paul Roos het uitstekende tennis gespeel en die derde jaar in ‘n ry die titel verower deur vir Waterkloof, wat hul 1ste finaal nog behaal het, met 4 – 0 te klop.

Die twaalf skole was in twee groepe verdeel en na twee dae was Paul Roos 1ste en King Edward School (KES) 2de in hul groep, met Waterkloof en Grey College, nommer een en twee in die ander groep. Amerikaanse College tennisreëls is vir die eerste keer gevolg waar daar geen opwarming was voor wedstryde nie en die waarde van die 3 dubbelspelwedstryde slegs 1 punt was. Die wenner van twee of meer dubbelspelwedstryde, saam met die ses enkelspelwedstryde wat elk 1 punt tel, het nog 6 punte bygevoeg. Daar is dus 7 punte op die spel en vir ‘n oorwinning, moet die wenspan altesaam 4 punte hê om ‘n wedstryd te wen.

In die halfeindronde het Paul Roos vir Grey College in ‘n baie taai wedstryd 4 – 3 geklop, waarin die uitslag in die weegskaal was tot die laaste enkelspel wedstryd wat Paul Roos in die 3de stel met ‘n “super tie-breaker” gewen het. Waterkloof was te sterk vir King Edward School (KES) en het hul halfeindstryd 4 – 2 gewen.

In die eindstryd het Paul Roos en Waterkloof uitstekende tennis gespeel. Paul Roos het goed begin deur die dubbelspunt te wen. Die 6 enkelspelwedstryde was baie mededingend, maar dit was Paul Roos wat 2 enkelspelwedstryde gewen het en toe die PRG nommer 1, Carl Roothman vir Erich Sullwald geklop het, was dit alles verby en Paul Roos het met 4 – 0 gewen met 3 enkelwedstryde nog onvoltooid.

Die Paul Roos span is deur Carl Roothman (Graad 11), Stephen Claassen (Graad 10), Ernst Gouws (Graad 10), Luc Brewis (Graad 12), Johan van Wijk (Graad 10), Leonardo Sola (Graad 9) en De Wet du Plessis (Graad 12) verteenwoordig.

Na afloop van die rondomtaliefase is die resultate soos volg:

Groep A:

1. Paul Roos
2. KES
3. St. Stithians
4. Affies
5. Kearsney College
6.  St. Davids

Groep B:

1. Waterkloof
2. Grey
3. Paarl Boishaai
4. Pretoria Boys High
5. Stellenbosch HS
6. Oakdale

The finale stand van sake na die finale wedstryde is as volg:

1. Paul Roos
2. Waterkloof
3. Grey College
4. KES
5. Paarl Boishaai
6. St. Stithians
7. Affies
8. Pretoria Boys High
9. Stellenbosch
10. Oakdale
11. St. Davids
12. Kearsney

Baie geluk aan die 1ste span en groot dank aan al die ondersteuning wat die span oor die 3 dae ontvang het. Welgedaan Maroen Machine!!