Debat / Debating

Paul Roos presteer weer in Podiumpret – 2020

Twee van Paul Roos Gimnasium se leerders het hulle goed van hulle taak gekwyt gedurende ‘n virtuele deelname aan die nasionale Podiumpret-kompetisie vir redenaars en leesvermoë.

Willem Visagie

Willem Visagie, ‘n graad 9-leerder, het deelgeem aan die voorbereide redenaars. Sy onderwerp is: Die mensdom is satelliete sonder seine. Hy het 90.5% behaal en is deur na die finale ronde.

Pellatt Smith

Pellatt Smith, ‘n graad 10-leerder, het ook in die kategorie voorbereide redenaars deelgeneem. Sy onderwerp is: Daar is nie ‘n alternatief vir vleis nie. Hy het 93.5% behaal en is deur na die finale ronde.