Algemene Nuus / General News

Paul Roos spog met ’n splinternuwe kafeteria en “brand-shop”

Paul Roos spog met ’n splinternuwe kafeteria en “brand-shop”

Paul Roos Gimnasium se splinternuwe kafeteria, Roosinbosch en “brand-shop”, Splendidior, is formeel op 7 Oktober 2019 geopen.

Both facilities are superb and add tremendous value to the Paul Roos campus.

Roosinbosch is ’n moderne fasiliteit wat gebruik maak van ‘n kontantlose-stelsel, wat ’n leerder die geleentheid bied om aankope met sy vingerafdruk te doen. Dit is ‘n baie veilige stelsel en staan bekend as “LunchHub”, ‘n produk van Scantrack.

Roosinbosch,  with its spaciousness and beautiful wood furniture, operate  from 7:00 until 17:00. It is also a safe, informal environment where learners can relax and do homework in the afternoons. Parents are more than welcome to use this facility as well.

Roosinbosch word op verskeie maniere bo en behalwe as ‘n kafeteria aangewend. Onder andere sal dit gebruik word vir meesterklasse vir groot groepe en as ‘n studielokaal na ure.

The catering for Roosinbosch will be done by Red Pepper Catering, a well-known catering company in Stellenbosch. The owner is an Old Boy and is a current parent of the school. The barista from Cape Crusade will be selling the best flat whites, cappuccinos and much more.

Behalwe vir ‘n uitgebreide spyskaart wat daagliks beskikbaar sal wees, is daar ook ‘n maaltyd van die dag – ’n goed gebalanseerde, gekookte bord kos, veral gemik op leerders wat na skool bly vir buitemuurse aktiwiteite en eers laatmiddag die skoolterrein verlaat.

Die “brand shop”, Splendidior, met sy indrukwekkende dekor, doen gestand aan die Paul Roos handelsmerk. Splendidior word bedryf deur die bekende uitrusters, De Jagers, en is die alleenverskaffer van alle Paul Roos-uniforms en handelsmerkitems.

Two years ago, Paul Roos Gymnasium envisioned a 10-year master plan for the development of the campus and has made tremendous progress the last few years. Besides the aforementioned projects, Prima and Nova hostels were upgraded, the building of accommodation for assistants and the Rector’s house, and the upgrade of the recreation area in the hostel and the new Markotter Gymnasium.

Die volgende opwindende projek, in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch, is die  bou van ‘n binnenshuise krieketfasiliteit met 7 nette.