Sport

Paul Roos Tennisspan kry Silwer medaljes by Grey Tennistoernooi

Die afgelope naweek het die 1ste tennisspan van Paul Roos aan hul vierde en laaste skole tennistoernooi vir 2018 deelgeneem. Die span was op koers om die jaar onoorwonne in toernooie af te sluit, maar ongelukkig het hulle in ‘n hartverskeurende finaal in die laaste wedstryd verloor.

Die Paul Roosers het uitstekend deur die toernooi gespeel en tennis van die hoogste gehalte is gelewer, maar is ongelukkig deur ‘n begeesterde HS Waterkloof van Pretoria met 5 wedstryde teenoor 4 wedstryde in die finaal geklop.

Agt skole van reg oor Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem en Paul Roos is deur Wikus Robbertse, Ruben Fortuin, Carl Roothman, Andre du Plessis, Hugo Kotze, Luca Link en Stephen Claasen verteenwoordig.

Agter Vlnr: Hugo Kotze, Wikus Robbertse, Luca Link, Ruben Fortuin en Jacobus Swanepoel (Afrigter) Voor Vlnr: Carl Roothman, Stephen Claasen en Andre du Plessis

Paul Roos het eerste in hul groep geĆ«indig nadat hulle in die rondomtaliefase met St. Stithians, Kearsney College en Waterkloof afgereken het. In die semi-finaal het Paul Roos vir Paarl Boishaai met 5 – 1 geklop. In die ander semi-finaal het Waterkloof met die gasheer, Grey College, afgereken.

In die finaal het Paul Roos en Waterkloof weer kragte gemeet. Die Paul Roosers was na die enkels met 4 – 2 voor en het slegs een van die dubbelspelwedstryde nodig gehad om die titel te wen. Ongelukkig het die manne elkeen van die dubbelspelwedstryde naelskraap verloor met 6 – 8, 6 – 8 en 7 – 8. In die proses het Waterkloof dus die titel met 5 – 4 gewen.

Baie lesse is in die wedstryd geleer en Paul Roos sal net sterker na vore kom in die toekoms.

Die uitslae van Paul Roos is as volg:

Paul Roos wen St. Stithians: 7 – 2
Paul Roos wen Kearsney College: 8 – 1
Paul Roos wen Waterkloof: 8 – 1
Semi-finaal: Paul Roos wen Paarl Boishaai: 5 – 1
Finaal: Paul Roos verloor teen Waterkloof: 4 – 5

Die finale uitslae na die toernooi is as volg:
1. Waterkloof
2. Paul Roos
3. Grey College
4. HJS (Paarl Boishaai)
5. St.Stithians
6. Affies
7. Pretoria Boys High
8. Kearsney College

Tydens die prysuitdeling het die span die silwer medajes gekry. Die volgende spelers is as die beste in hul posisie aangewys:
Ruben Fortuin – beste nr 2
Carl Roothman – beste nr 3
Andre du Plessis – beste nr 4
Luca Link – beste nr 6

Agter Vlnr: Hugo Kotze, Wikus Robbertse, Luca Link, Ruben Fortuin en Jacobus Swanepoel (Afrigter)
Voor Vlnr: Carl Roothman, Stephen Claasen en Andre du Plessis