Algemene Nuus / General News

Paul Roos vat hande met Sportsmans Warehouse

Op Dinsdag 7 Maart het 5 Paul Roos-sportmanne besoek afgelê by Eikestad se Sportsmans Warehouse.

Hier het hulle namens hul spanmaats ‘n donasie van 850 waterbottels en waterdraers ontvang. Joshua Bailey (sokker), Riley Norton (krieket), Andreas Oosthuizen (rugby), Josh Reyneke (waterpolo) en Paul Roos (hokkie) het hul onderskeie sportsoorte by die amptelike oorhandiging verteenwoordig.

Dié donasie is net betyds vir die afskop van die rugby-, hokkie- en sokkerseisoen van 2023. Paul Roos is dankbaar vir plaaslike besighede, soos Sportsmans Warehouse, se betrokkenheid én ondersteuning.  Dankie aan die Sportsmans Warehouse-verteenwoordigers Michaela Maharaj, Nathan Adams en Gail Zimmerie.