Paul Roosers laat die speke sing
WP baanfiets kampioenskappe
Ruan Badenhorst het die naweek aan die WP baanfiets kampioenskappe by die Bellville Velodrome deelgeneem en behaal 4 goues en 1 silwer medalje.
Western Cape Enduro #1
Die volgende resultate is behaal deur Paul Roosers wat deelgeneem het aan die Western Cape Enduro #1 in Jonkershoek die afgelope naweek:
- 1ste Philip v Schalkwyk
- 2de Zivan Venter
- 3de Henry Owens
- 4de Zach de Kock
- 5de Rupert Taljaard
Jonkershoek het ook vir 2021 as ’n Nasionale Enduro # 3 gedien. Philip se wen plaas hom 1ste in die reeks (520 punte) voor die 2de plek Alex de Bruin KZN (370 punte).