Sport

Paul Roosers wen SA Nasionale Tennistitels

Paul Roosers wen SA Nasionale Tennistitels

Carl Roothman en Leonardo Sola

Twee Paul Roosers het Maandag besonderse vertonings gelewer by die Growthpoint Junior Tennis Nationals in Bloemfontein. Hierdie toernooi dien as die Suid-Afrikaanse Tennis Kampioenskappe en is die grootste en belangrikste junior  tennis toernooi in Suid-Afrika.

Carl Roothman (Graad 10 in Paul Roos) wat 3de gekeur was, het die seuns O/16-enkelspel gewen deur vir Devin Badenhorst met 4/6 6/2 6/2 te klop. Carl moes drie van sy vyf wedstryde in 3 stelle wen ten einde die toernooi te wen. In twee van die wedstryde moes hy van ‘n stel af terugveg om die wedstryde te wen. Dit getuig van vasbyt en nie moed opgee nie!

Carl Roothman

Leonardo Sola (Graad 8 in Paul Roos) wat 10de gekeur was, het die O/14-enkelspel gewen deur Guy Vorwerk met 6/3 6/2 te klop. Leonardo het in sy vyf wedstryde nie een stel afgestaan oppad na die titel nie. Om al die wedstryde in skoon stelle te wen is voorwaar ‘n afgeronde vertoning!

Leonardo Sola

Carl is tans in Tunisië waar hy aan die Afrika Junior Kampioenskappe deelneem. Carl was in 2017 die O/14 Afrika Kampioen en ons wens hom alle sterkte toe in die O/16 afdeling.

Uitstekende prestasies!