Algemene Nuus / General News

Paul Roosers woeker op die Johannesburgse Effektebeurs

Mnr Dricus Basson se Ekonomie-leerders neem jaarliks deel aan die JSE se nasionale aandelebeursspel. Daar is elke maand ‘n nasionale wenspan, wat gebasseer word op die groei wat die betrokke span se aandeleportefeulje verkry het. Een van ons spanne was die April wenners gewees. Daarmee het hulle vir hulle elkeen R500 prysgeld gewen, asook die skool kry R500.

Van links na regs: Muhammed Docrat, Michael Samson, Francois-Paul Lategan, Jayden Durr, mnr. Dricus Basson