Algemene Nuus / General News

POPIA – Afrikaans

POPIA – Afrikaans

Geagte Ouers / Voogde

Die reg op privaatheid word deur die Grondwet beskerm en die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) verskans daardie reg met  wetlike inwerkingtreding  op 1 Julie 2021. Paul Roos Gimnasium verbind hom tot die beskerming van persoonlike inligting en tot die nakoming van  die sperdatums vir sodanige regulasies. As deel van hierdie implementering en om aan POPIA-vereistes te voldoen, word toestemmings vereis soos uiteengesit in punt 1 en 2 onder.

Neem asseblief kennis

  1. Die toestemmingsvorms is gebaseer op FEDSAS (Federasie van Verenigings van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole) se voorgestelde template en word beskou as ‘n standaard vir beheerliggame en skole t.o.v POPIA.
  2. PRG vra nie toestemming tot enigiets anders as die huidige modus operandi nie, maar slegs u toestemming om voort te gaan met die manier waarop ons persoonlike inligting en beelde verwerk.
  3. Wees asseblief verseker dat die beskerming van ons skoolgemeenskap se persoonlike inligting vir PRG van die uiterste belang is.

Toestemming vir die gebruik van beelde

PRG Vrywaringsvorm mbt leerderfotos, beeldmateriaal, videos(1)

PRG poog om slegs spesifieke soort beeldmateriaal te gebruik ten einde te verseker dat sodanige materiaal geskik is vir ‘n skoolomgewing. Sodanige beeldmateriaal dra by tot die bemarking van die skool en om die PRG-etos en leeromgewing te kommunikeer.

Toestemming om persoonlike inligting te gebruik

PRG Toestemmingsvorm_ Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting(1)

PRG poog om selektief te wees in die gebruik van inligting met spesifieke fokus op die uitvoering van die skool se rol as opvoedingsinstelling en in die belang van die bevordering van die leerders en die skool.

Prosedure

  • ’n Voltooide hardekopie van beide vorms (Toestemming vir die gebruik van beelde en Toestemming om persoonlike inligting te gebruik) moet ingehandig word by die klasregister onderwyser. Neem asb kennis dat geen epos kommunikasie aanvaar word nie.
  • Voltooi per leerder: elke leerder moet asb sy eie vorm inhandig (nie per familie voltooi nie).
  • Sperdatum: Woensdag 5 Mei 2021, koshuisgangers Maandag 10 Mei 2021.

Ons vra u ondersteuning en begrip in hierdie verband.

Navrae kan gerig word aan info@paulroos.co.za

Regards
André van Staden
Rector