Sport

PRG 1ste Tennisspan kom tweede by Kearsney Tennis Festival

Van links na regs: Jacobus Swanepoel (afrigter), Ruben Fortuin, Wikus Robbertse, Carl Roothman, Jean Durand, Christian van der Wath, JP van den Berg en Rossouw Norval

Die 1ste tennisspan van Paul Roos Gimnasium het die afgelope naweek deelgeneem aan die 22ste Kearsney Tennis Festival in Kwazulu-Natal. Paul Roos het in die finaal teen Grey College van Bloemfontein gespeel en die wedstryd naelskraap met 3 – 5 verloor.

Agt skole van regoor Suid-Afrika het aan die Festival deelgeneem. Die skole is in twee groepe, nl. die Rafagroep en die Novakgroep opgedeel. Die skole het in die onderskeie groepe teen mekaar gespeel en dan oorkruis gespeel vir ‘n plek in die finaal. Nadat PRG 1ste in hul groep geĆ«indig het, het hulle teen Affies in die semi-finaal gespeel. Daarna het hulle teen Grey in die finaal gespeel wat op hul beurt met Selborne College afgereken het.

Die finaal tussen Paul Roos en Grey het kwaliteit tennis opgelewer. Na die 6 enkelsspelwedstryde was die telling 3 elk. Ongelukkig kon die PRG nie die dubbelspelwedstryde wen nie, en het hulle die finaal met 3 – 5 verloor.

Die PRG-span se uitslae is as volg:

PRG wen Kearsney College: 9 – 0
PRG wen Selborne College: 9 – 0
PRG wen Pretoria Boys: 8 – 1
PRG wen Affies: 5 – 1 (Semi-finaal)
PRG verloor teen Grey College: 3 – 5 (Finaal)

Tydens die prysuitdelingsfunksie is die volgende spelers as die beste in hul posisie aangewys: Christian van der Wath beste nr 2, Jean Durand beste nr 5 en Carl Roothman beste nr 6.

Die finale stand van sake na die toernooi was is volg:

1. Grey College
2. Paul Roos
3. Affies
4. Selborne College
5. Pretoria Boys
6. Clifton
7. Kearsney College
8. Rondebosch Boys High

Baie geluk aan die Paul Roos seuns met hul pragtige vertoning. Die span het hul uitstekend van hul taak gekwyt op en van die baan.