Atletiek / Athletics

PRG-atlete presteer in Mosselbaai

Paul Roos atlete het op Saterdag 18 September 2021 deelgeneem aan ‘n Worpe-byeenkoms gereël deur Eden Athlete –bestuursdienste en aangebied by die Van Riebeek Sportgronde in Mosselbaai.

Die span het bestaan uit Zak Hickman, Reinhardt Nel, Ruan de Weerdt, Nathan Sander en Joshua Acker met Meneer Riel Pienaar wat opgetree het as spanbestuurder en beampte.

Atlete van links na regs: Reinhardt Nel, Zak Hickman, Joshua Acker, Ruan de Weerdt en Nathan Sander

Ten spyte van die feit dat dit die eerste formele byeenkoms van die seisoen was het die atlete baie goed vertoon. Vier atlete, Zak Hickman (goud Spiesgooi u/15), Ruan de Weerdt (goud Diskusgooi u/15, silwer Gewigstoot u/15), Nathan Sander (brons Gewigstoot u/15) en Joshua Acker (silwer Diskusgooi u/17) het podium plekke behaal met Zak wat ook ‘n byeenkoms rekord verbeter het.

Ruan en Joshua het albei meer as 800 punte ingesamel met hulle pogings en het gewys hoekom hulle reeds vroeër die jaar by die ASA-kampioenskappe Boland verteenwoordig het.

Volledige uitslae van die PRG-atlete:

Spiesgooi Seuns 15 Jaar (Finaal)
1ste: Zak Hickman PRG 49.00 meter; 616 punte
6de: Reinhardt Nel PRG 41.10 meter; 478 punte

Gewigstoot Seuns 15 Jaar (Finaal)
2de: Ruan de Weerdt PRG 14.81 meter; 830 punte
8ste: Nathan Sander PRG 13.27 meter; 758 punte
9de: Zak Hickman PRG 13.16 meter; 752 punte

Diskusgooi Seuns 17 Jaar (Finaal)
2de: Joshua Acker PRG 50.61 meter; 864 punte

Diskusgooi Seuns 15 Jaar (Finaal)
1ste: Ruan de Weerdt PRG 46.96 meter; 802 punte
3de: Nathan Sander PRG 45.13 meter; 779 punte