Kultuur / Culture

PRG Debatsliga Interskole

Op Woensdagaand, 16 Februarie, skop die eerste Interskole Debatsliga by Paul Roos Gimnasium af. Senior en junior informele Afrikaanse debatspanne van Bloemhof, Boishaai, DF Akademie, Durbanville, Stellenbosch, Parel Vallei en PRG sal aan dié debatsliga deelneem. Verrigtinge skop om 17:45 af en sal teen 19:45 afsluit.

Die debatsliga word voortgesit op die 13de April en die 11de Mei 2022.  Met dank aan ons PRG Forum borg, ENSafrica.