Rugby

PRG Junior Rugby-akademie 2021

Paul Roos Gimnasium het op 22 Oktober sy eerste oefensessie van die Junior Rugby-akademie aangebied in samewerking met Rudolph Optics, PRG se premium sportborg. “Spelers van regoor die Wes-Kaap het die sessies bygewoon wat duidelike bewys is van die behoefte wat bestaan vir ‘n afrigtingskliniek van hierdie aard. Dit is ‘n voorreg vir Paul Roos om so vroeg reeds kennis te maak met die entoesiastiese jongmanne wat met oorgawe aan al die aktiwiteite deelgeneem het”. – Stephan Jordaan, Hoof van Sport.

Die doel van hiérdie oefensessies is om o/10-, o/11- en o/12-spelers van regoor die Wes-Kaap die geleentheid te bied om hul vaardighede op te skerp. Covid-19 het ‘n reuse invloed op skolesport gehad met die gevolg dat die meerderheid spelers bykans twee jaar gelede rugby gespeel het.  Deur die akademie het bykans 220 spelers, van 31 verskillende laerskole oor die Wes-Kaap, weekliks die geleentheid gekry om rugby te oefen en hul vaardighede ten toon te stel.

Oefensessies word behartig deur PRG se rugbyafrigters onder leiding van Corné Uys, die nuut aangestelde Hoof van Rugby, by Paul Roos Gimnasium.

Altesaam sewe sessies is sedert 22 Oktober aangebied met die laaste sessie wat op 3 Desember sal plaasvind.  PRG beplan dat oefensessies gedurende 2022 sal voortgaan om spelers die geleentheid te bied om hul vaardighede op te skerp, aktief te wees en om nuwe vriende te maak.

Enige speler is welkom om in 2023 aan te sluit en die datums sal eersdaags op die skool se webblad en op sosiale media bekend gemaak word. Koste beloop R300 per kwartaal vir nuwe spelers wat in 2022 wil aansluit.  Elke spelers sal ‘n T-hemp ontvang.  Kostes vir spelers, wat reeds in 2021 deel van die akademie was beloop R150 per speler. Sessies vind vanaf 15:30 – 16:45 op Vrydaemiddae op die velde van die Markötter Sportkompleks plaas.