Algemene Nuus / General News

PRG Mediasentrum: Boek-Hoek besoek

Die PRG J.F. Marais Mediasentrum se BOEK-HOEK boekklub het onlangs die bekroonde jeugskrywer, Fanie Viljoen, ontvang om met die Graad 8`s, 9`s en 12`s te gesels.

Met die Graad 8`s en 9`s deel hy sy inspirasie, strorielyne en karakters uit boeke soos “Afkop”, “Nova” en “Offers vir die vlieë”. Die seuns was gaande oor sy “cliffhanger” vertelstyl en was vining in die Mediasentrum om Fanie se boeke uit te neem.

Die Graad 12`s het die voorreg gehad om vrae aan die skrywer van hul Afrikaans Huistaal voorgeskrewe teks, “Onderwêreld”, te rig. Fanie het die groep matrieks deur sy fassinerende kuberkraker-navorsing, skryfproses en karakterontwikkeling vir “Onderwêreld” geneem. Die waarde van hierdie “agter-die-skerm” insae sal beslis handig te pas kom tydens die eksamen.

#fanieviljoen #lapauitgewers #afrikaanseljeugliteratuur #penguinrandomhouse #prgmediasentrum