Sport

PRG O/15-Tennisspan kom 2de by Nasionale Tennistoernooi

PRG O/15-Tennisspan kom 2de by Nasionale Tennistoernooi

Agter van links na regs: Stephen Claasen, Gordon Morrison, Heinrich Terblance, en Max Kleber. Voor van links na regs: Luca Link, Jacobus Swanepoel (afrigter), Carl Roothman en Daniel Beukes

Die afgelope naweek het die O/15-tennisspan van Paul Roos aan die O/15 Nasionale Tennistoernooi in Pretoria deelgeneem. Die toernooi is vanjaar aangebied deur Pretoria Boys High.

Die Paul Roosers het die eerste wedstryd naelskraap met 4 wedstryde teenoor 5 teen die wenner van 2017, Waterkloof, verloor maar het tog die finaal gehaal. In die finaal het die PRG-span na ‘n ongelooflike vegpoging met 4 wedstryde teenoor 5 teen Grey College verloor. Vir die 4de jaar in ‘n ry moes die Paul Roos span met die 2de plek tevrede wees.

Die Paul Roos span is deur Carl Roothman, Luca Link, Stephen Claasen, Max Kleber, Daniel Beukes, Gordon Morrison en Heinrich Terblanche verteenwoordig.

Die 10 skole is opgedeel in twee groepe en ‘n rondomtalietoernooi het tussen die skole in elke groep plaasgevind. Aan die einde van hierdie fase het die twee groepe oorkruis teen mekaar gespeel om die wenner te bepaal.

Die PRG-span was saam met die 2017 wenner, Waterkloof, ingedeel. Ondangs die feit dat die seuns naelskraap teen Waterkloof verloor het, het hulle genoeg punte teen die ander skole ingesamel om voor Waterkloof te eindig en sodoende 1ste te eindig in hul groep en in die finaal teen Grey College te speel.

Paul Roos het met oortuiging en groot entoesiasme in die finaal gespeel. Na die enkels was die twee skole met 3 wedstryde gelyk, maar kon ongelukkig slegs 1 van die 3 dubbelswedstryde wen en het toe met 4 wedstryde teenoor 5 teen Grey verloor. Die wedstryd was in die weegskaal tot in die laaste dubbelswedstryd wat Paul Roos 7-8 verloor het.

Carl Roothman, die PRG span se nr 1 speler is aangewys as die beste speler by die toernooi vir sy spel en vir sy positiewe gedrag op en van die baan. Hiervoor het hy ‘n spesiale toekenning ontvang.

Die uitslae van die Paul Roos span is as volg:

PRG verloor teen Waterkloof: 4 – 5 (8 punte – 11 punte)
PRG wen Nelspruit: 9 – 0 (18 punte – 0 punte)
PRG wen Pretoria Boys High: 9 – 0 (18 punte – 0 punte)
PRG wen KES (King Edward School): 8 – 1 ( 16 punte – 2 punte)
PRG verloor teen Grey College: 4 – 5 ( Finaal)

Die finale stand van sake na die toernooi is as volg:

1. Grey College
2. Paul Roos
3. Waterkloof
4. Affies
5. KES
6. Menlopark
7. Selborne College
8. Nelspruit
9. Pretoria Boys High
10. St. Bennedicts

Baie geluk aan hierdie Paul Roos spelers wat die skool met trots verteenwoordig het. Hou so vol.