Sport

PRG O/15-Tennisspanne doen uitstekend by Gemengde Toernooi vir die 5de jaar agtervolgens

Baie geluk aan die O/15-Paul Roos tennisspelers wat Donderdag en Vrydag aan H/S Stellenbosch se Gemengde O/15-Toernooi vir 2018 deelgeneem het. Twee PRG-spanne het saam met ons buurskole, Bloemhof en Rhenish High deelgeneem.

Die PRG-A span is deur die volgende Graad 9 tennisspelers verteenwoordig: Daniel Beukes, Gordon Morrison en Heinrich Terblanche. Hierdie spelers het saam met Bloemhof gespeel.

Die PRG B-span is deur die volgende Graad 8 tennisspelers verteenwoordig: Sebastiano Sola, Max Kleber en Ruan Liebenberg. Hierdie span het saam met die dogters van Rhenish deelgeneem.

Die PRG / Bloemhof span het naelskraap 2de geëindig na Paarl Boishaai en Hoër Meisieskool Paarl.

Agter Vlnr: Linda Mentz, Cheri Snyman en Lenka Steenkamp en Jonathan Edmund (Bloemhof) Voor vlnr: Heinrich Terblanche, Gordon Morrison en Daniel Beukes

Die PRG / Rhenish span het algeheel 3de geëindig.

Agter Vlnr: Rachel du Plessis, Jenna Downing en Clarissa Swart Voor Vlnr: Max Kleber, Ruan Liebenberg en Sebastiano Sola

Die finale posisies nadat al die skole teen mekaar gespeel het, is as volg:

1. Hoër Meisieskool Paarl en Paarl Boishaai
2. Paul Roos en Bloemhof
3. Paul Roos en Rhenish HS
4. Paarl Gimnasium
5. Stellenbosch HS

Die Bloemhof span deur Linda Mentz, Cheri Snyman en Lenka Steenkamp verteenwoordig.
Die Rhenish span is deur Rachel du Plessis, Jenna Downing en Clarissa Swart verteenwoordig.

Baie geluk aan die O/15-Spanne.