Sport

PRG O/19-Tennisspan wen Boland Landbou Tennisfees vir 3de jaar in ‘n ry

PRG O/19-Tennisspan wen Boland Landbou Tennisfees vir 3de jaar in ‘n ry

1ste PRG O/19-wenspan met hul trofees: De Wet du Plessis, Ruan Liebenberg, Stephen Claassen, Luca Link, Gordon Morrison, Jacques Mieny, Luc Brewis, Johan van Wijk en Swannie Swanepoel (Afrigter)

Die 1ste tennisspan van Paul Roos het die naweek deelgeneem aan die 14de Boland Landbou Tennisfees wat in die Paarl “Op die Plaas” aangebied is. Die feitlik nuwe 1ste span (geen huidige matrieks mag speel nie en Carl Roothman was by Masters in Potchefstroom) het hul baie goed van hul taak gekwyt en het die toernooi vir die 3de jaar in ‘n ry gewen.

Die Maroen Machine het die span van Paarl HJS (Boishaai) in die finaal met 7 – 2 geklop.  Die span was ook onoorwonne in hul ander wedstryde teen Durbanville, Pearson en Boland Landbou. Die naweek was verder uitstekende voorbereiding vir die Grey Tennis Festival in Bloemfontein wat volgende naweek plaasvind.

Die Paul Roos span is deur Luca Link, Stephen Claasen, Gordon Morrison, De Wet du Plessis, Jacques Mieny, Luc Brewis, Johan van Wijk en Ruan Liebenberg verteenwoordig.

Die 12 skole wat aan die toernooi deel geneem het, was in 4 groepe in gedeel. Paul Roos het al sy wedstryde in die groepsfase oortuigend gewen. In die semi-finaal het die manne van Paul Roos oortuiging met Boland Lanbou afgereken.

Die uitslae van Paul Roos is as volg:

Paul Roos wen Durbanville 12 – 0
Paul Roos wen Pearson 12 – 0
Paul Roos wen Boland Lanbou (Semi-finaal) 12 – 0
Paul Roos wen Paarl Boishaai (Finaal) 7 – 2

Die volgorde waarin die 12 deelnemende skole klaargemaak het, is as volg:

  1. Paul Roos
  2. Paarl Boishaai
  3. Oakdale
  4. Boland Landbou
  5. Durbanville
  6. HTS Middelburg
  7. Paarl Gim
  8. Midstream College
  9. Stellenbosch
  10. Pearson
  11. Wynberg
  12. Nico Malan

Baie geluk aan die 1ste span met hierdie uitstekende vertoning en baie sterkte vir die Grey Tennis Festival in Bloemfontein.