Algemene Nuus / General News

PRG Toneel – GELD EN ROSE

PRG Toneel – GELD EN ROSE

Op Woensdagaand, 1 Augustus om 19h00, kan u ‘n aand van sop en sjerrie geniet terwyl Paul Roos Toneel u vermaak met hul toneelstuk: GELD EN ROSE. Kaartjies Beskikbaar teen R50 p/p by Kamer 14.

ROSEKRANS en GELDENHUYS is twee onbeduidende randfigure in die groot klassieke tragedie, HAMLET.  Hulle is so onbelangrik dat hulle soms self hul eie name vergeet. Dus is dit vir hulle vreemd dat hulle deur die koninklike huis ontbied word om te kom help met ‘n krisis: Hamlet is glo mal.

Die twee het geen idee wat hul funksie binne die verhaal veronderstel is om te wees nie, maar stelselmatig begin dit deurskemer dat hulle self tragiese karakters binne die tragedie gaan wees.

Die toneelstuk is ‘n Afrikaanse verwerking van Tom Stoppard se ROSENCRANTZ AND GUILDENSTERN ARE DEAD.