Algemene Nuus / General News

PRG seun word bekroon as nasionale wenner in Gr 12 vir Netwerk 24 se Blitsbrein Junior Algemene Kenniskompetisie vir Hoërskoolleerders

Justin Cowley het nie net die eerste plek in die Wes-Kaap behaal nie, maar is ook bekroon as die Nasionale wenner in graad 12.
Justin neem elke jaar aan Blitsbrein Junior deel en was nog altyd onder die top 4 in die provinsie.

Justin het op 13 Oktober meer as 600 algemene kennis vrae blitsvinnig aanlyn korrek beantwoord om hierdie besonderse prestasie te behaal.

Hy is ʼn kranige koerantleser, nuusvolger en stel eenvoudig belang in die wêreld om hom. Paul Roos is voorwaar trots op hierdie spesiale jong man wat volg in die voetspore van Luc van der Veen wat in 2020 nasionaal tweede op Via se Blitsbrein Junior, geëindig het.