Algemene Nuus / General News

PRG wens Rhenish Girl’s High en Hoër Meisieskool Bloemhof ‘n spesiale vrouemaand toe

Paul Roos Gimnasium wens Rhenish Girl’s High en Hoër Meisieskool Bloemhof ‘n spesiale vrouemaand toe.

Die Gr.8-Paul Roosers, wat na vyf maande terug by die skool is, het die inisiatief geneem om elkeen ‘n blom skool toe te bring en in die tradisie van ‘gentlemanship’ eerbetoon aan jongdames en vroue. Spesiale dankie aan Okasie wat die blomme rangskik het in pragtige bosse.

Fotokrediet: Charmaine Sander