Algemene Nuus / General News

Sing and Rejoice

Sing and Rejoice

Sing & Rejoice, Paul Roos Gimnasium se Kerskonsert, het op 20 Oktober in die skool se hoofvierkant plaasgevind. Hierdie konsert is ‘n fees van musiek deur die skool se orkes, koor en sanggroep. Die gehoor pak piekniekmandjies en, omring van liggies en kerse, geniet hulle die musiek saam met die sonondergang. Die hoogtepunt van die aand is die laaste drie liedere, wanneer die gehoor saamsing terwyl elkeen ‘n kers aansteek uit dankbaarheid vir die afgelope jaar.