Skyfskietuitslae: SAARA Wes-Kaap Kampioenskap
’n Paul Roos Gimnasium Gr. 11-leerder AD le Hanie het onlangs aan die SAARA Wes-Kaap Kampioenskappe deelgeneem en die volgende prestasie behaal: 10m Olimpiese (Presisiestaan) Mans, o/20 – Goue Medalje.
Ons wens vir AD baie geluk dat hy weer eens sy WP-kleure verwerf het en gekies is om die Wes-Kaap te verteenwoordig by SA’s wat in die Oktobervakansie te Klerksdorp plaasvind.
AD het ook die trofee ontvang vir beste Junior Mans Presisieskut van die Jaar in die Wes-Kaap.