Algemene Nuus / General News

Stellenbosch jeugleiers skep hoop!

Woensdagaand het 5 leerlingraadslede PRG by die jaarlikse Remgro Schools Programme verteenwoordig. Die CEO van Mediclinic, Ronnie van der Merwe, het as gasspreker oor leierskap gepraat. Mnr van der Merwe het ons herinner dat ons as leiers se besluite nie oor onssself gaan nie, maar juis oor die mense wat ons lei.  Veral in tye soos dié,  moet ons goed kommunikeer en altyd hoop skep.

Hierdie was een van vier ontmoetings vir die jaar tussen die lede van die Stellenbosch SC Board wat bestaan uit leerlingraadslede van: Makupula Secondary, Lückhoff High, Stellenzicht Secondary, Hoërskool Stellenbosch, Kayamandi Secondary, Kylemore High, Rhenish Girls’ High, Hoër Meisieskool Bloemhof, Paul Roos Gimnasium.