Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade en UK Wiskundekompetisie
Adrian Bands, Daneel Bester, Jonathan Coolen en Hendrik Heyl het gister aan die derde ronde van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade deelgeneem.
Hierdie drie seuns het gisteraand die UK Wiskundekompetisie se prysuitdeling bygewoon. Nicolaas de Villiers en Daniel Chemaly het die afdeling vir Graad 11-pare gewen en Jonathan Coolen was derde in die individuele afdeling vir Graad 8’s.